-
u lees
Afrikaanse Nuus, Afrikaner Volksmoord, ANC / ANCJL, Nuus, Politiek

‘Ons wil álles hê’ – Malema

Deur: Maryna Louw

Johannesburg – “Ons wil álles hê wat wit mense het, dít is waarvoor ons veg,” het ’n begeesterdeJulius Malema, ANC-jeugleier, aan die vooraand van die jeugliga se massa-optog vir ekonomiese bevryding gesê.

Hy het Sondagmiddag in die Bantu Bonke-township in die Vaaldriehoek gepraat as deel van ’n rits besoeke aan verskeie plekke in Gauteng om steun te werf vir die jeugliga se optog wat Donderdag in Johannesburg begin en Vrydag by die Uniegebou in Pretoria eindig.

“Ons veg nie meer vir die reg om te stem nie, ons veg nou om brood op die tafel te sit. As julle nié opdaag nie, sal julle vir altyd slawe bly van armoede,” het hy gesê.

Hy het sy dag Sondagoggend by die Ratanda-Metodiste-kerk in Heidelberg begin waar hy ’n kerkdiens bygewoon het en deur die kerkleiers die hande opgelê is.

Tydens sy spreekbeurt het hy aan die gemeente gesê ’n politieke party wat in konflik is met die kerk sal irrelevant word en uitsterf. Hy het die kerk gevra om vir die land se leiers te bid en gesê “die ANC sal altyd die kerkleiers respekteer, selfs al sê hulle hulle gaan teen die ANC bid”.

Sonder sy grys kerkpak en met sy Che Guevara-baret terug op sy kop, het hy in ’n stampvol gemeenskapsaal in Bantu Bonke mense aangepor om in opstand te kom en grond, myne, huise en werksgeleenthede te eis.

Vryheid is betekenisloos as ons nie ons eie huise het nie. Geld praat. Solank ons nie geld het nie, sal ons altyd onderdanig bly.”

Hy het gesê die jeugliga gaan die ANC-leierskap en die regering vra om landbougrond aan “die mense” terug te gee.

“Die stryd is nog nie gewen nie, want die ware oorlog gaan oor grond. Die land se grond is in die hande van die minderheid, maar hulle het nie enige grond of minerale gebring nie, die land met alles daarin behoort aan ons!”

Solank swart mense nie ekonomiese mag het nie, sal hulle nooit uit armoede opstaan nie en altyd slawe bly, het hy gesê.

“Ons is nie meer tevrede met maatskaplike toelaes nie, ons soek grond. Ons wil ons eie base wees,” het hy onder luide toejuiging gesê.

Insp. Edna Mamonyane, metropolisiewoordvoerder van Johannesburg, het gesê toestemming vir die jeugliga se optog is die naweek toegestaan.

“Hulle mag ’n optog hou, maar nie op die hoofweë nie.”

Die ANC-jeugliga beplan maksimale ontwrigting en gaan die verkeer ontwrig deur nie agterpaaie nie, maar hoofweë te gebruik, het Malema Vrydag gesê.

“Ons het reeds met die jeugliga en ander belangegroepe vergader en sal môre ons operasionele plan begin finaliseer,” het Mamonyane gesê.

Mamonyane het gesê die metro­polisie en SAPD sal in groot getalle opdaag om die skare onder beheer te hou.

Die jeugliga het gesê hulle gaan busse en minibustaxi’s na townships oor die provinsie heen stuur om mense op te laai en na die optog te vervoer.

Skakel: http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/Ons-wil-alles-he-Malema-20111024

About Afrikanervryheid

Afrikanervryheid funksioneer afsonderlik want ons glo dat afrikaners in die huidige politieke omgewing van Suid-Afrika nie verteenwoordig word nie en dat Afrikaners as ‘n nasie geregtig is op eie grondgebied volgens artikel 235 en 185 van die Suid-Afrikaanse grondwet. Ons glo dat Afrikaners in die nuwe Suid-Afrika gemarginaliseer word en dat die Afrikaner se oorlewing in die nuwe Suid-Afrika beperk is, dus kyk ons na ‘n lang termyn oplossing. Doelstelling: Om ‘n vrye assosiasie van Afrikaners te stig wat hul eie kultuur, volks- tradisies, geloofsoortuiginge, opvoedkundige stelsels hetsy tuis of by instellings, aanvaarbare norme en standaarde, regte soos verskans in die grondwet en ander, bevorder deur die hou van debatte, waar voorafgenoemde begrippe beoefen, geleer, bespreek word. Geen haatspraak, geweld of rassisme sal bevorder word nie. Afrikanervryheid is gestig vir die jeug, ons veg vir die regte van die jeug en ons as organisasie word bestuur deur die jeug, so raak deel en neem jou toekoms terug. Hier skep ons die ‘de la Rey’ generasie!

Bespreking

Nog geen kommentaar nie.

Gee jou mening

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Word Deel

Ons is op soek na vrywilligers wat wil help met die skryf van artikels op ons blok en om ons uit te help met ons webtuistes, ons soek ook na jeug aktiviste wat vir die Afrikanersaak sal veg! Afrikanervryheid is 'n organisasie vir die jeug en versoek geen geld bydraes nie, net 'n bietjie van jou tyd en patriotisme. Afrikanervryheid is 'n bewusmakings organisasie en het geen verbintenis aan enige politiese party nie. So waarvoor wag julle, ondersteun ons!
Word deel van ons beweging deur ons te volg op Twitter!
Of volg ons op Facebook!