Op 21 Oktober 2011 het die VF Jeug Pretoria en VF Tuks die beeld van die oud ZAR President Paul Kruger skoongemaak.
Dié is een van baie aksies waar die VF Jeug, beelde van oud-Boere-Afrikanerleiers gaan skoonmaak. Die projek het juis ook gekom na Paul Krugerdag op 10 Oktober.
Deur dié optrede wil die jeug die oud-President vereer vir sy onbaatsugtige werk. Volgens Francois Cloete, VF Tuks leier , wil die jeug die behoud van die Afrikaner se erfenis beklemtoon en deur hierdie aksies kan die Afrikaner-jeug weer trots raak op sy geskiedenis. Francois het ook verder bygevoeg dat hulle as Afrikaner-jeug die toekoms is en dat die jeug die geskiedenis verder moet laat herleef vir ons kinders en kleinkinders.
Daar word ook beoog om die Andries Pretorius- en Sarel Cilliers-beelde by die Pretoria Stadsaal en ook die Genl. Louis Botha-beeld voor die Uniegebou te gaan skoonmaak. Die VF+ Jeug gaan die Paul Kruger-Standbeeld-skoonmaak ‘n jaarlikse instelling maak in Oktobermaand, ter herdenking aan die nagedagtes van die ontslape President.
Daar is tans ‘n oplewing onder die Afrikaner-jeug en ons kan groot dinge te wagte wees.
Skakel: http://afrikaansenuus.co.za/nuus-magazine-402/afrikaanse-nuus-magazine-401/10471-vf-jeug-poets-kruger-beeld.html
-33.451309
18.721960
Like this:
Be the first to like this post.
About Afrikanervryheid
Afrikanervryheid funksioneer afsonderlik want ons glo dat afrikaners in die huidige politieke omgewing van Suid-Afrika nie verteenwoordig word nie en dat Afrikaners as ‘n nasie geregtig is op eie grondgebied volgens artikel 235 en 185 van die Suid-Afrikaanse grondwet. Ons glo dat Afrikaners in die nuwe Suid-Afrika gemarginaliseer word en dat die Afrikaner se oorlewing in die nuwe Suid-Afrika beperk is, dus kyk ons na ‘n lang termyn oplossing.
Doelstelling:
Om ‘n vrye assosiasie van Afrikaners te stig wat hul eie kultuur, volks- tradisies, geloofsoortuiginge, opvoedkundige stelsels hetsy tuis of by instellings, aanvaarbare norme en standaarde, regte soos verskans in die grondwet en ander, bevorder deur die hou van debatte, waar voorafgenoemde begrippe beoefen, geleer, bespreek word.
Geen haatspraak, geweld of rassisme sal bevorder word nie.
Afrikanervryheid is gestig vir die jeug, ons veg vir die regte van die jeug en ons as organisasie word bestuur deur die jeug, so raak deel en neem jou toekoms terug. Hier skep ons die ‘de la Rey’ generasie!
Bespreking
Nog geen kommentaar nie.