-
u lees
Afrikaans, Afrikaanse Nuus, Afrikanervryheid, Nuus

Afrikaans voor sy grootste uitdaging nog

Met die jongste weergawe van die Wetsontwerp op Suid-Afrikaanse Tale wat tans voor die Parlement dien, het Afrikaans, wat tans op verskillende fronte aanslae moet verduur, voor sy grootste uitdaging nog te staan te kom.
Die wetsontwerp in sy huidige formaat bepaal dat nasionale staatsdepartemente drie tale moet gebruik, waarvan twee sg. voorheen-benadeelde Afrikatale moet wees. Dit beteken dat staatsdepartemente moet kies tussen Afrikaans en Engels om naas twee “benadeelde Afrikatale” te gebruik om dienste aan die publiek te lewer.  Dit sluit  o.a. in kommunikasie met die publiek, amptelike kennisgewings, staatspublikasies en kommunikasie binne en tussen departemente.
In gevolge hierdie voorneme tel Afrikaans saam met Engels onder die tale wat “voorheen bevoordeel” is.
In die oorgangsgrondwet van 1994 is bepaal dat  die posisie van geen taal swakker mag wees as wat dit tevore was nie, maar hierdie bepaling is nie in die Grondwet van die RSA van 1996 opgeneem nie.  Artikel (6)1 van die Grondwet  stipuleer:  “Die amptelike tale van die Republiek is Sepedi, Sesotho, Setswana, siSwati, Tshivenda, Xitsonga, Afrikaans, Engels, isiNdebele, isiXhosa en isiZulu.
Dit is dus duidelik dat die wetsontwerp wat tans dien, ongrondwetlik is, want dit neem regte van burgers van die land weg.  Afrikaans is ‘n amptelike taal en moet as sodanig konsekwent erken word, ook in alle staatskommunikasie.
Nietemin vorm hierdie wetsontwerp ‘n uiters gevaarlike stap in ‘n groter patroon om Afrikaans op elke moontlike wyse te ondermyn.  Dit sluit o.a. in Afrikaanse onderrig op skool, waar die Afrikaans-mediumskole die afgelope 18 jaar met bykans 80% gekrimp het.
Op universiteitsvlak is daar nie meer ‘n enkele enkelmedium Afrikaanse universiteit oor nie en is Afrikaanssprekende studente by bestaande universiteite genoodsaak om dele van hul kursusse in Engels te loop.  Van die sowat 10 Afrikaanse technikons en 150 Afrikaanse beroepskolleges wat voor 1990 bestaan het, het daar nie ‘n enkele Afrikaanse technikon of Afrikaanse enkelmediumkollege oorgebly nie..
Op die programme van die “SABC” as openbare uitsaaier word Afrikaans erg afgeskeep.
Nog ‘n ernstige gevaarlig wat tans flikker, is die uitspraak van die Suid-Gautengse hooggeregshof einde verlede jaar dat ‘n provinsiale onderwysdepartement die mag het om te besluit oor die getal leerlinge by ‘n openbare skool en dat hierdie mag nie by die beheerliggaam van die skool lê nie.  Dit kan beteken dat skoolbeheerrade verplig is om Engelssprekende leerlinge toe te laat al is dit ‘n Afrikaans-medium skool wat getallegewys selfs nie meer plek het nie.
Teenoor hierdie bedreigde situasie staan die volgende feite soos ‘n paal bo water:
Afrikaans is ‘n 100% Afrikataal want dit is op hierdie vasteland waar dit gebore en getoë is en tot volwassenheid gekom het.
In terme van literêre vereistes is Afrikaans met sy uitdrukkingsvermoë,  wetenskaplike dokumentering en kulturele prestasies ‘n  taal van wêreldgehalte is.
Die literêre standaard en prestasies  van Afrikaans staan kop en skouers uit bo die ander amptelike inheemse tale van SA, Engels uitgesluit maar vergelykbaar daarmee.
Daar is sowat 6,2 miljoen Suid Afrikaners met Afrikaans as moedertaal, terwyl daar aansienlike  groepe Afrikaanstaliges is in lande soos Namibië, die Verenigde Koninkryk, Australië en selfs lande soos Nieu-Seeland, Botswana ens.
Matriekuitslae bevestig jaar na jaar dat leerders wat moedertaalonderrig ontvang, beter vaar as diegene wat hulle onderrig in ’n tweede of derde taal ontvang.  Dit word grootliks gereflekteer in die matriekuitslae van Afrikaans-mediumskole relatief tot skole waar leerlinge nie in hul moedertaal onderrig word nie.
Volgens amptelike mediasyfers is Afrikaanssprekendes verantwoordelik vir 24% van die totale persoonlike inkomste in SA – dus ‘n kwart van die mark.
Afrikaans het ‘n sleutelrol gespeel in die ontwikkeling van SA die afgelope 100 jaar tot die voorste ekonomiese, politieke, maatskaplike en tegnologiese land op die vasteland van Afrika.
Teen hierdie agtergrond vra die geweldige uitdaging wat tans in die gesig gestaar word, van elkeen wat trots is op Afrikaans as sy of haar moedertaal, om op te staan en te doen wat  binne sy of haar vermoë is om Afrikaans te bevorder, suiwer te hou en te sorg dat dit sy amptelike status  volwaardig in die land behou – want, doodkry is min!

Skakel: http://www.ditsem.net/berig.php?id=304

About Afrikanervryheid

Afrikanervryheid funksioneer afsonderlik want ons glo dat afrikaners in die huidige politieke omgewing van Suid-Afrika nie verteenwoordig word nie en dat Afrikaners as ‘n nasie geregtig is op eie grondgebied volgens artikel 235 en 185 van die Suid-Afrikaanse grondwet. Ons glo dat Afrikaners in die nuwe Suid-Afrika gemarginaliseer word en dat die Afrikaner se oorlewing in die nuwe Suid-Afrika beperk is, dus kyk ons na ‘n lang termyn oplossing. Doelstelling: Om ‘n vrye assosiasie van Afrikaners te stig wat hul eie kultuur, volks- tradisies, geloofsoortuiginge, opvoedkundige stelsels hetsy tuis of by instellings, aanvaarbare norme en standaarde, regte soos verskans in die grondwet en ander, bevorder deur die hou van debatte, waar voorafgenoemde begrippe beoefen, geleer, bespreek word. Geen haatspraak, geweld of rassisme sal bevorder word nie. Afrikanervryheid is gestig vir die jeug, ons veg vir die regte van die jeug en ons as organisasie word bestuur deur die jeug, so raak deel en neem jou toekoms terug. Hier skep ons die ‘de la Rey’ generasie!

Bespreking

Nog geen kommentaar nie.

Gee jou mening

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Word Deel

Ons is op soek na vrywilligers wat wil help met die skryf van artikels op ons blok en om ons uit te help met ons webtuistes, ons soek ook na jeug aktiviste wat vir die Afrikanersaak sal veg! Afrikanervryheid is 'n organisasie vir die jeug en versoek geen geld bydraes nie, net 'n bietjie van jou tyd en patriotisme. Afrikanervryheid is 'n bewusmakings organisasie en het geen verbintenis aan enige politiese party nie. So waarvoor wag julle, ondersteun ons!
Word deel van ons beweging deur ons te volg op Twitter!
Of volg ons op Facebook!